Naar hoofdinhoud

Nie vir kinders nie

François Bloemhof

Tim Marais is op die vooraand van matriek. Op die oog af het hy alles wat hy wil hê - aantreklikheid, gewildheid en akademiese sukses - maar daar is by hom 'n ontevredenheid met sy voorstedelike bestaan wat hy nie mooi kan verstaan of beskryf nie. Die mense om hom dra by hiertoe - soos tannie Trisa, sy sangdosent, vir wie hy meer voel as wat hy behoort te voel - veral aangesien sy die ma is van sy beste vriend, Ruan. Op sy beurt is Ruan se rol in Tim se lewe nie meer so positief soos vroeër nie. Hy is al hoe minder die oorgewig hanswors wat hy eers was: hy verloor gewig en is meer selfversekerd, maar nie sonder "hulp" nie en Tim is in 'n stadium waar hy al oper raak vir oortuiging. Maar hy voel hy het hulp nodig. Tim se ouers, as voorbeelde van hoe hy nie wil word nie, dra daartoe by dat hy in 'n sekere rigting beweeg. Wanneer dinge deur 'n sameloop van omstandighede erg skeef loop, slaan Tim met mening daardie rigting in. Nie vir kinders nie is 'n uitdagende titel waarin reguit gekyk word na hedendaagse vraagstukke, soos dit waarmee jong mense hulself in hul vrye tyd besig hou - en dit wat by sommiges 'n manier van bestaan raak. Wie hulle is en waar hulle inpas, die reëls van die wêreld waarin hulle hul voete moet vind, seks en godsdiens - dit is maar 'n paar van die vraagstukke waarmee van die jong mense hier worstel.

specificaties

praktische informatie

ISBN Nummer
9780624043061
Boekcode
IHLIA Homodok cat. (bloemh/nie) # dgb nas theo de klerk fictie niet uitleenbaar
Taal publicatie
afr [Afrikaans]
Hoofdtitel
Nie vir kinders nie
Algemene materiaalaanduiding
2 [Boek]
Eerste verantwoordelijke
François Bloemhof
Plaats van uitgave
Kaapstad
Uitgever
Jaar van uitgave
2005
Pagina's
108 p
Auteur Achternaam
Bloemhof
Auteur Voornaam
François
Prod country
zuidafrika
Samenvatting - Tekst
Tim Marais is op die vooraand van matriek. Op die oog af het hy alles wat hy wil hê - aantreklikheid, gewildheid en akademiese sukses - maar daar is by hom 'n ontevredenheid met sy voorstedelike bestaan wat hy nie mooi kan verstaan of beskryf nie. Die mense om hom dra by hiertoe - soos tannie Trisa, sy sangdosent, vir wie hy meer voel as wat hy behoort te voel - veral aangesien sy die ma is van sy beste vriend, Ruan. Op sy beurt is Ruan se rol in Tim se lewe nie meer so positief soos vroeër nie. Hy is al hoe minder die oorgewig hanswors wat hy eers was: hy verloor gewig en is meer selfversekerd, maar nie sonder "hulp" nie en Tim is in 'n stadium waar hy al oper raak vir oortuiging. Maar hy voel hy het hulp nodig. Tim se ouers, as voorbeelde van hoe hy nie wil word nie, dra daartoe by dat hy in 'n sekere rigting beweeg. Wanneer dinge deur 'n sameloop van omstandighede erg skeef loop, slaan Tim met mening daardie rigting in. Nie vir kinders nie is 'n uitdagende titel waarin reguit gekyk word na hedendaagse vraagstukke, soos dit waarmee jong mense hulself in hul vrye tyd besig hou - en dit wat by sommiges 'n manier van bestaan raak. Wie hulle is en waar hulle inpas, die reëls van die wêreld waarin hulle hul voete moet vind, seks en godsdiens - dit is maar 'n paar van die vraagstukke waarmee van die jong mense hier worstel.
Opmerkingen - Tekst
Hierdie boek is bekroon met die Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2005

Blijf op de hoogte van het laatste nieuws

Nooit meer iets missen? Meld je aan voor een nieuwsbrief van de OBA en ontvang ons laatste nieuws, boekentips, activiteiten en nog veel meer in je mailbox.

Schrijf je in (opent in een nieuw tabblad/venster)